ilsezietsmanblog

Travel – the world is your oyster (and read)

1, 2, 3 … dis die Paarl, dié

First published in Rapport, January 2020

Cascade Country Manor het 'n uitgestrekte tuin, hul eie waterval 'n entjie weg en is tussen olyfboorde gelee

Cascade Country Manor het ‘n uitgestrekte tuin, hul eie waterval ‘n entjie weg en is tussen olyfboorde

Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl is die drie oudste dorpe in Suid-Afrika. Die Paarl is bekend vir wyn, sy lang hoofstraat en die blink granietkop van Paarlberg.

C.J. Langenhoven blyk ook ‘n voorliefde vir die Paarl te gehad het. Anders sou hy sekerlik nie ‘Pollie, ons gaan Pêrel toe’ geskryf het nie.

Doerie tyd was dit ‘n gewilde liedjie veral as daar piekniek gehou is. Die piekniekers sou dan ‘n kring vorm terwyl die eerste versie gesing is. As met die tweede versie begin is, het elke persoon ‘n dansmaat gekies om mee te tiekiedraai.

Hou piekniek by die Taalmonument

Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se webwerf beskryf hulself so: “Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument in die Paarl vier die ontstaan en voortbestaan van Afrikaans. Almal wat Afrikaans kán of wíl praat of daarin belangstel, behoort hierdie unieke museum en monument te besoek om meer te leer oor dié derde grootste taal in Suid-Afrika.”

Dis egter nie net taalgeesdriftiges wat hulle hiernatoe moet begewe nie; jy kan sommer net gaan om piekniek te gaan hou. Tiekiedraai is nie verpligtend nie!

Die Taalmonument is nie net ‘n struktuur van klip en beton nie. Die tuine van die Taalmonument leen hulself by uitstek tot piekniek hou; die uitsig dra natuurlik hiertoe by.

Die Taalmonument hou ook in die somer – as die weer dit toelaat – sterrekykpiekniekaande. Op hul advertensieplakkaat lees ‘n mens: Beloer skitterende hemele met die OOG-kundiges en hul teleskope. Jy kan jou eie piekniekmandjie saambring of ene bestel. Die volgende sterrekykpiekniekaande in 2020 is op 18 Januarie, 22 Februarie en 21 Maart.

Sterrekykpieknieks begin om 18h00. Sorg egter dat jy vroeër kom om kunstige foto’s van die swierige, golwende lyne en sagte vorme van die Taalmonument te neem. Daar is ook baie hoekies en draaitjies waar jy na hartelus vir selfies kan poseer.

In Februarie 2020 vier die Taalmonument sy 45ste bestaansjaar oftewel “45 fabelagtige jare”. Tydens die feesvieringe tree onder andere Die Heuwels Fantasties, Akkedis Band, Ramon Alexander en Lungi op. Kyk na die volledige program by www.taalmonument.co.za

Bederf jouself by La Paris

La Paris-landgoed lê op die R301 of Wemmershoekpad tussen die Paarl – dis 14 km oftewel 13 minute se ry – en Franschhoek. Met ‘n tikkie verbeelding kan jy jou wel verbeel dat jy ‘n middag in die Franse platteland vertoef.

By La Paris Deli kan jy jou verbeel dat jy jou in die Franse platteland bevind

By La Paris Deli kan jy jou verbeel dat jy jou in die Franse platteland bevind

Die plaas waarop La Paris Bistro gesetel is, dateer uit 1699.

Voor jy vir middagete by La Paris Bistro aansit, is ‘n wandeling deur die tuin – soms saam met voornemende bruide – ‘n móét.

Die tuin van La Paris is so mooi dat buite sit sommer ekstra lekker is

Die tuin van La Paris is so mooi dat buite sit sommer ekstra lekker is

Ontbyt word vanaf 8h00 tot 12h00 bedien; middagete kan vanaf 12h00 bestel word.

'n Geurige omelet gevul met spek, feta en avokadopeer by La Paris

‘n Geurige omelet gevul met spek, feta en avokadopeer by La Paris

Op die middagetespyskaart kan jy onder andere kies tussen garnale gemarineer in veselperske en vars gemmerwortel, gebakte camembert met makataankonserf of gerookte varkribbetjies vir voorgereg; gourmetburgers, vis-en-tjips, biefstuk of vangs-van-die-dag vir hoofgereg; en ‘n soutkarameltertjie, sjokoladebruintjie of gegeurde fudge vir nagereg.

Daar is ook kroeghappies en ‘n verskeidenheid slaaie en broodjies beskikbaar. Kyk na die res van die spyskaart by www.laparis.co.za

'n Padwyser dui aan wat alles by La Paris te beleef is

‘n Padwyser dui aan wat alles by La Paris te beleef is

Die deli-produkte is allesbehalwe te versmaai. Die proefbuisies met eetbare gedroogde blommetjies het my oombliklik verlei. Op die rakke is ook heuningbotter, papaja-atjar, beetblatjang, waterblommetjiepiekels, Marokkaanse lemmetjiekonserf en gepekelde komkommerlinte. Soettande kan uitsien na wortelkoek met vla, klapper-en-aarbeigegeurde kaaskoek, makarons (makrolletjies) in psigedeliese kleure en toffiepoeding wat in ‘n flessie voorgesit word. Al hierdie ongewone geurkombinasies laat jou mond water voor jy nog jou beursie uitgehaal het.

La Paris Bistro is ses dae per week (vanaf Woensdag to Maandag) vanaf 8h00 tot 17h00 oop. Dinsdae is ‘n rusdag vir die personeel. Op Vrydaeaande is die bistro tot 22h00 oop.

Bly oor in die Paarl

Die Paarl het ‘n magdom gastehuise. Drie wat vir my uitstaan is: The Light House Boutique Suites (www.thelighthouse.co.za) in Courtrai soos wat jy die Paarl vanaf die N1 binnery, Cascade Country Manor(www.cascademanor.co.za) in Dal Josafat net buite die Paarl en d’Olyfboom (www.dolyfboom.co.za) in die hartjie van die Paarl.

Die Bedford Manor-wittebroodsuite is luuks dog gemaklik

Die Bedford Manor-wittebroodsuite is luuks dog gemaklik

Die leeskamer by The Light House voldoen aan boekwurms se verwagtinge

Die leeskamer by The Light House voldoen aan boekwurms se verwagtinge

The Light House is ‘n boetiekgastehuis, ‘n plek van lig met ‘n asemrowende uitsig.  As jy jou klaar aan die  uitsig verwonder het, sal jy ongetwyfeld in hul leeskamer wil neersyg – óf met jou eie boek óf met een van hul uitgebreide versameling – en ure deurbring. Die versameling boeke, wat gereeld geruil of opgedateer word, sluit in leesstof oor fotografie, Afrika, binnehuise versiering, mode, kuns, opera, argitektuur, wyn, wêreldstede, inspirerende sjefs, stylikone en Nelson Mandela.

By The Light House is middagtee ‘n groot bederf. Delikate komkommertoebroodjies (sonder korsies, soos dit ‘n ordentlike komkommerbroodjie betaam) laat jou wonder of die Britse koningin ook genooi is, ‘n vars pienk roos nestel bo-op ‘n sjokoladekoek en botterbroodjies (skons) word met dik geklopte room, konfyt en kaas bedien.

‘n Driegang-aandete word spesiaal op versoek vir gaste voorberei en in die eetkamer voorgesit, daar is ‘n swembad vir hittige Bolandse dae en die uitsig vanaf die stoep noop jou om nog ‘n wyle langer daar te vertoef. Die wittebroodsuite, Bedford Manor, is so elegant as wat ‘n mens kan kry.

Dis nie net plaaslike en internasionale besoekers wat graag in Cascade Country Manor se tuin rondhang nie; 'n rammetjie-uitnek gemmerkat rol ook soms op die gras rond

Dis nie net plaaslike en internasionale besoekers wat graag in Cascade Country Manor se tuin rondhang nie; ‘n rammetjie-uitnek gemmerkat rol ook soms op die gras rond

'n Swembad is onontbeerlik in die somer in die Paarl; by Cascade Country Manor kan jy heerlik in die tuin afkoel

‘n Swembad is onontbeerlik in die somer in die Paarl; by Cascade Country Manor kan jy heerlik in die tuin afkoel

Cascade Country Manor is in ‘n ou herehuis tussen olyfboorde gesetel. Dié gastehuis spog ook met hul eie waterval, ‘n paar minute se loop vanaf die uitgestrekte tuin met ‘n swembad. Laasgenoemde is onontbeerlik in die Paarl se somers. Cascade Country Manor het hul eie restaurant asook ‘n spa en maak ook hul eie olyfolie.

Die d'Olyfboom-gastehuis is in die hartjie van die Paarl met 'n uitsig oor die hele vallei (Foto verskaf)

Die d’Olyfboom-gastehuis is in die hartjie van die Paarl met ‘n uitsig oor die hele vallei (Foto verskaf)

Alhoewel d’Olyfboom in Noorder-Paarl gesetel is, voel dit glad nie asof jy in die dorp self tuisgaan nie. Daar is vyf gastesuites, elk met sy eie dekor. Die uitsig vanaf d’Olyfboom is oor die hele dorp, die omringende plase en wingerde in elke rigting.

2 comments on “1, 2, 3 … dis die Paarl, dié

  1. Auriel
    March 25, 2020

    Thank you! Not just for the blog, but for confirming that my email is actually working!

  2. Auriel
    March 31, 2020

    Good morning Ilse

    We will talk about the op later, if I don’t use my arms too much, I am better, still have to figure out a position to sleep comfortably. Enjoy the virtual tour.

    xxx

    A

Leave a comment

Information

This entry was posted on March 25, 2020 by in In die Boland and tagged .