ilsezietsmanblog

Travel – the world is your oyster (and read)

Kyk wie kampeer by Kaap Agulhas!

First published in Die Burger, 2017

Perde hou verlede jaar hul lyf kampeerder by D-Kamp by Kaap Agulhas

Perde hou verlede jaar hul lyf kampeerder by D-Kamp by Kaap Agulhas

Besoekers aan Kaap Agulhas was die laaste naweek van Februarie (2017) baie verbaas om ietwat ongewone kampeerders by D-Kamp te sien.

‘n Stuk of 30 perde het doodluiters op die kampterrein gewei terwyl hul ruiters oor hulle gehou het.

By D-Kamp op Kaap Agulhas kamp perde vir 'n slag uit

By D-Kamp op Kaap Agulhas kamp perde vir ‘n slag uit

Die perde en hul ruiters van verskeie dele van die land – onder meer Beaufort-Wes, die Paarl, Bredasdorp en Robertson – het kom deelneem aan ‘n sosiale rit.

Terselfdertyd is op Elim ‘n uithourit gehou, maar die twee het nie met mekaar verband gehou nie.

D-Kamp is net onder die “ou hotel” van donkiejare gelede.

Deesdae heet die gebou Stormsee en is dit in private verblyf omskep.

By D-Kamp by Kaap Agulhas is die ou hotel van dekades gelede in individuele verblyf omskep, maar daarvan weet perd se kind niks

By D-Kamp by Kaap Agulhas is die ou hotel van dekades gelede in individuele verblyf omskep, maar daarvan weet perd se kind niks

One comment on “Kyk wie kampeer by Kaap Agulhas!

  1. Toortsie
    April 4, 2019

    Oulik

Leave a comment

Information

This entry was posted on April 3, 2019 by in Oral(s) in die Overberg and tagged .