ilsezietsmanblog

Travel – the world is your oyster (and read)

Ojja, dis lekker!

First published as part of an article titled ‘Padlangsproeë oor die water’ by Samarie Smith in Die Burger, Aug 2016

Ek’s kleintyd geleer jy eet nie met jou hande nie. Om jou vinger deur sous in jou bord te sleep is tabou. Wannneer jy die eerste keer ojja eet, is dit presies wat jy doen. Skaamteloos.

Ojja is ‘n werkersklasbredies van Tunisië. Daar’s nie een resep daarvoor nie, daar’s baie. Tamatie, rooi soetrissie, knoffel, harissa-rissiepoeier, en ‘n sagte eier of twee in die middel. Met lamswors, seekos, of daarsonder.

My eerste kennismaking was by die strandrestaurant L’Amphitrika, aan die onderpunt van die heuweldorpie Sidi Bou Said. Ek was summier spyt dat ek dié plek – en die gereg – nie vroeët ontdek het nie. Saam met ‘n ugni blanc eet ek die bord leeg. Daarna soek ek ojja by elke restaurantjie op die eiland Djerba. Sulke alledaagse bestanddele, maar só lekker. En sluit die dag af met ‘n waterrookpyp.

Na die middagete….

Leave a comment

Information

This entry was posted on November 9, 2023 by in Afrikaans foodies.