ilsezietsmanblog

Travel – the world is your oyster (and read)

Bibber en beef

First published in Rapport, July 2021

‘n Mens besef net weereens hoe sneeuverskrik Suid-Afrikaners – myself definitief ingesluit – is. As dit die dag sneeu, veral op die lae grond, oe en aa almal en neem foto’s dat jy net sluiters hoor klik.

Op ‘n onlangse sloertoer het 2 Bolanders en 1 Swartlander geweet hulle gaan kóúd kry, maar nooit kon dink nie hulle gaan met paaie ry waar die sneeu sommer dik langs die pad lê nie.

Soos wat ons vanaf die Paarl en Riebeek-Kasteel ry, het die kwik al verder gedaal – eers in Beaufort-Wes, toe by New Holme-gasteplaas in die Gariep-natuurreservaat op die Zeekoerivier buite Hanover en daarna op Philippolis waar die dorpenaars met opwinding sneeu voorspel het.

Op 21 Julie was dit minus 4 grade op Bethulie in die nag. Na Bethulie het ons die eerste sneeu buite Venterstad – op Donderdsg, 22 Julie – gesien. Ons moes net uitklim en die poeiersneeu soos deegfrummels tussen ons vingers vryf. Min het ons geweet wat wag!

In Steynsburg in die Oos-Kaap, op die grens van die Vrystaat, het die sneeu wit in die huise se agterplase en die begraafplaas gelê…

Op Middelburg gekom is ons summier deur ‘n winkelier en die res van die klante meegedeel dat die SAPS besig is om die pad na Graaff-Reinett te sluit sowel as die pas na Cradock. Verskeie vragmotors en motors het reeds van die pad af gery of vasgeval. By die polisiekantoor is dit bevestig. In plaas van vier uur se ry voor ons sou dit nou ses uur wees. Gelukkig was die geselskap – van ons bestuurder Winnie Janse van Rensburg en die agtersitplek-geselsgenoot Hannah Velthuysen – onderhoudend en die binnekant van die motor warm…

Leave a comment

Information

This entry was posted on November 27, 2022 by in Die res van Suid-Afrika.