ilsezietsmanblog

Travel – the world is your oyster (and read)

Fruit Logistica: Berlyn 2022 – Allesbehalwe ligte vrugte

Not previously published

Fruit Logistica is die mees toonaangewende handelskou ter wêreld vir die varsproduktebedryf en verteenwoordig die algehele waardetoegevoegde ketting, van produsent tot verkoopspunt. Dié ekspo vind jaarliks in Februarie in Berlyn, Duitsland plaas.

In Februarie 2020 was daar meer as 3 300 uitstallers (met 73 000 mense wat betrokke was) uit 91 lande wat hul produkte, dienste en tegniese oplossings by Fruit Logistica in Berlyn tentoongestel het. Besoekers het vanuit 135 lande hier bymekaargekom.

Weens die wêreldwye pandemie kon dié handelsuitstalling nie in 2021 plaasvind nie, maar het in 2022 herrys. Soos elke ander jaar vóór Covid-19 se verskyning op die wêreldverhoog, was Fruit Logistica bestem om in Februarie plaas te vind, maar moes noodgedwonge na April 2022 verskuif na hernude internasionale reismaatreëls in laat 2021 ingestel is.

Tydens Fruit Logistica 2022 was daar 1 994 uitstallers uit 87 lande en 40 661 besoekers uit 132 lande. Hierdie getalle is glad nie te versmaai nie aangesien die reisverbod in verskeie lande nog besig was om te lig.

Lande wat ‘n mens nie sommer om elke hoek en draai by ‘n ekspo raakloop nie, het ingesluit: Roemenië, Bulgarye, Serwië, Marokko, Georgië, Tunisië, Ghana, Ciprus, Uruguay, Moldova, Oezbekistan en Oekraïne (waar sekerlik almal wat verbygeloop het ‘n knop in hul keel gekry het). Groot landboustreke soos Murcia en Valencia in Spanje het elk amper ‘n volle saal beslaan.

Orals in die gange en vertrekke van Messe Berlin (Berlin Messegelände), ‘n internasionale konferensiesentrum wat 190 000 m² (Fruit Logistica het 118 000 m² benut) beslaan en uit 27 sale (heelwat sale strek oor meer as een vertrek) bestaan, is ontmoetings gereël en vergaderings ingeryg ten einde besigheid so gou as moontlik te hervat.

Ken die vrugte aan die boom

Blink karnavalliggies in reënboogkleure, bo-die-knie rompies bedruk met granate en suurlemoene, lemoenskyfie-oorbelle, ‘n Eiffel-toring wat uit vrugte en groente gebou is, roomyskoeke bestapel met bloubessies en vuurhoutjiedosie-grootte kiwisjokoladetjies is nou nie juis wat ‘n mens by ‘n landbouhandelskou verwag nie.

Fruit Logistica is egter ‘n perd – of ‘n appel – van ‘n ander kleur. Nie net dek dié handelskou elke sektor en gebied van die varsprodukbedryf nie maar dit gee ook ‘n geheelbeeld van die nuutste innovasies, produkte en dienste in hierdie landboubedryf. Daarby bied dit ‘n wonderlike oordaad van kreatiwiteit en kleur waar dit stalontwerp, verpakking en lokmiddels vir besoekers aangaan.

By die Pink Lady-appelstal kon jy op knalpienk riffelkarton-kroegstoeltjies by -tafeltjies onder ‘n lewensgrootte boom, ook uit riffelkarton, sit en jouself aan ‘n appel help. Pink Lady is elke jaar bekend daarvoor dat die hul stalontwerp sowel as die kleurvolle Pink Lady-sakke wat hulle uitdeel, almal soontoe laat stroom.

Op elke Pink Lady-appel, of sakkie appels, verskyn ‘n pienk hartjieplakker as bewys dat dit ‘n Pink Lady®-appel is wat aan alle kwaliteitstandaarde voldoen.

Topfruit (topfruit.co.za) in Simondium, Paarl is die meester-/hooflisensiehouer vir Pink Lady in Suid-Afrika (pinklady.co.za), die res van Afrika en die Indiese Oseaan-eilande. Daar is sowat 75 gelisensieerde pakhuise in Suid-Afrika waar Pink Lady-appels (as deel van die variëteit Cripps Pink) verpak word en waar Topfruit streng kwaliteitsinspeksies doen.

Nog ‘n appeluitstalling wat uitgestaan het, was die Evelina-appelstal. ‘n Kanariegeel Apè-driewieltrokkie beskilder met rooi appels is Apèvelina gedoop en het jou met woordspeling soos “Welcome to our Äppel-store!” vermaak. Op hul webwerf word hul appel se smaak met ‘n kombinasie van piesang, lietsjies en lemmetjies vergelyk.

By die Waikiki-spanspekstal kon jy langs tropiese hangmatte aan spanspek knibbel.  Waikiki (jimbofresh.com/waikiki/) is o.a. bekend vir spanspek wat met ‘n wit skil en salmkleurige vlees spog. Jimbofresh is die groepsnaam van boere wat in die Campo de Cartagena-streek in Murcia, Spanje, met vrugte boer. In hul vrugte-arsenaal is ook ‘n waatlemoen, bekend as Kisy, wat net mooi groot genoeg is vir een persoon om te eet. Kisy (jimbofresh.com/en/kisy/) se skil is swartpers en maklik om af te skil; die vlees is dieprooi.

Waar dit kwantiteit – asook kreatiwiteit – aangaan het piesangstalle die botoon gevier. By Chiquita (https://www.chiquita.com/), ‘n globale piesangmaatskappy waar 18 000 mense versprei oor 25 lande werk, het ‘n piesangkoningin, Miss Chiquita, met ‘n valletjiesrok en ‘n kroon bestaande uit ‘n pynappel en ‘n tros piesangs, haar heupe geswaai.  

Lehmann Natur (www.lehmann-natur.com), ‘n Duitse produsent en verskaffer van organiese produkte, het ‘n piesanggordyn by hul organiese-produkte-stal ingespan.

By Citronex (https://citronex.pl/en/bananas), ‘n groot invoerder van piesangs in Pole, het ‘n piesangkaartmannetjie wat lyk of hy met ‘n kokosneut gekruis is, paraat waggestaan. Citronex het meer piesangrypmaakkamers as enigiemand anders in Europa wat hulle in staat stel om 340 000 kartonne piesangs per week te lewer.

Bloubessie, jou lekker ding

Die president van die Oekraïeniese Bessievereniging, Iryna Kukhtina, het bevestig dat Oekraïene steeds in die mark teenwoordig is en dat hulle, ten spyte van die oorlog wat tans heers, deel van hulle bessie-oes sal kan uitvoer. Die bloubessiemark is ook deur ander maatskappye van Oekraïene wat bloubessies asook kersies, appels en pere kweek, by Fruit Logistica verteenwoordig.

Pieter Zietsman, die bessiebestuurder by Topfruit

In die bloubessiebedryf word gepraat van “’n onstuitbare aptyt vir bloubessies”. In Fruit Logistica se Neigingsverslag 2022 word bloubessies as voorbeeld gebruik van ‘n gewas wat kommersieel geweldig goed vaar hoewel daar ‘n gebrek aan konsekwente kwaliteit by baie variëteite voorkom. In Suid-Afrika is Topfruit (topfruit.co.za/fruit-information-hub/maverick) een van die maatskappye wat nuwe-generasie bessie-variëteite aan boere beskikbaar stel om te plant.

Die tyd verdryf

Dis onmoontlik om alles te sien oor die drie dae wat Fruit Logistica gehou word, selfs al woon jy geen vergaderings, praatjies of voorleggings by nie.

Ek het gelukkig tyd gehad om my te verlustig in die dubbelvolume vloer-tot-plafon glaskas van Looye-tamatiekwekers (looye.com);  vertikale pilaarrangskikkings, bestaande uit druiwe, eiervrug, tamaties, avokadopere, rooi-, geel- en groenpepers, komkommers en preie by The Greenery (thegreenery.com), ‘n internasionale groente- en vrugtebesigheid gesetel in Nederland, en ‘n stapel Hokkaido-pampoene, oorspronklik van Japan, waarop ‘Welkom’ uitgespel is.

As jy glo in ‘Meer is meer’ eerder as ‘Minder is meer’, sal jy saamstem dat die ‘karnaval’-stal van die Sicilië-streek die onomwonde wenner in 2022 was. Hulle het werklik geen moeite ontsien om veral die sitrusvrugte van hul streek te bemark nie.

Die blomme-, vrugte- en groentestalle van die Nederlandse saal verdien ook spesiale vermelding. Om nie te praat nie van die heel jamón (Spaanse ham) by bykans elke Spaanse stal en die bottels en bottels wyn en prosecco by bykans elke Italiaanse stal wat mildelik uitgedeel word aan omtrent enige besoeker wat verbystap!  

Daarteenoor het Suid-Afrika se verbeeldinglose stal skerp afgesteek by die meeste ander stalle. Komaan, ons het oorgenoeg kreatiewe mense in ons land, wou ek uitroep!

En die wenners is…

Uit 10 geselekteerde en genomineerde vernuwende konsepte/idees word elke jaar die top-drie wenners as deel van die FRUIT LOGISTICA Innovation Award (FLIA)-stelsel aangewys. Voorleggings kan varsprodukte, dienste, tegnologie en tegniese stelsels insluit.

In 2022 was die algehele wenner Amela®-tamatie (amela-tomato.com) van Granada La Palma, Spanje. Amela-tamaties het ‘n intense aroma, soeterige smaak, hoë Brix (vlak van vrugtesuiker) en bevat baie nutriënte en aminosure.

Die tweede prys het aan Tevel Advanced Technologies (tevel-tech.com/technology/) van Israel vir hul vlieënde outonome robot (Flying Autonomous Robots (FARs)™) gegaan. Hierdie robot het die vermoë om in vlug die rypheid van individuele bessies, vanuit ‘n optimale posisie en hoek, vas te stel. Die robot word beheer deur KI-algoritmes en rekenaarvisie. Dit beteken dat gewasse geoes kan word presies wanneer dit ryp is; dit verminder dus die aantal werkers wat benodig word.

Die derde prys is aan Syngenta Seeds (syngentavegetables.com/) van Nederland –die algehele wenners in 2020 – toegeken. In 2012 het twee werknemers van Syngenta ‘n blomkool met sylote ontdek. In 2021 is istem®, na jare van toetsing, teling en proe, aan die mark in die Verenigde Koninkryk bekendgestel. Istem-blomkool is baie sag, smaak neuterig en soet en kan rou of gaar geniet word.

                                                                       ***

Fruit Logistica se Neigingsverslag 2022 (Trend Report) in ‘n neutedop

Fruit Logistica se Neigingsverslag vir 2022 dek “’n Vars Toekoms – 10 Neigings om in 2022 te volg”.

Hierdie 10 neigings is die belangrikste neigings wat in die huidige  jaar ‘n invloed op die varsproduksiebedryf gaan hê.

  1. Noodsaaklike instandhouding

Noodsaaklike instandhouding kan met een woord opgesom word: volhoubaarheid. Volhoubaarheid is ononderhandelbaar. Punt.

  • Die koste van verbranding

Energiepryseen daarmee saam vervoerkoste  – styg wêreldwyd. Inflasie klim. Dit laat invoerkoste styg wat nie altyd aan die verbruiker oorgedra kan word nie.

  • Welstand en gesondheid

Meer mense eet deesdae, deels as gevolg van die wêreldwye pandemie, gesond en probeer meer voedsame kos koop.

  • ‘Local is lekker’

Om plaaslike produkte te ondersteun, raak ‘n al groter prioriteit vir verbruikers, kleinhandelaars én verskaffers. Hoe nader groente, maar ook sommige soorte vrugte, aan hul markafsetgebied gegroei word, hoe beter.

  • Dink nuut oor kleinhandel

Gevestigde kleinhandelaars wil al hoe meer uitbrei om ook aanlyn te verkoop. In Europa kom insamelpunte vir aanlynkopies al hoe meer voor, eerder as die opening van nuwe supermarkte.

Hoe mense inkopies doen, bestellings plaas en goedere afgelewer word, is besig om te verander.

  • Helpende hande

In baie ander lande is daar ‘n tekort aan arbeid, oftewel hande. In Suid-Afrika het ons ander probleme wat soms met arbeid, in hierdie geval plaasarbeid, gepaardgaan. In beide gevalle lei dit daartoe dat tegnologie al hoe meer – waar dit moontlik is – in die landbou ingespan word.

  • Hoe en waar om te voorsien

Voorsienings-/aanbodkettings verander met rasse skrede in reaksie op wisselende markbehoeftes en kapasiteit sowel as die opkoms van nuwe tegnologieë. Dit maak dit moeilik om te reageer aangesien veral kwaliteit, logistiek en wisselkoerse voortdurend fluktueer.

  • Genetiese vernuf

Voortdurende ontwikkeling van gelisensieerde, beskermde produkte wat vanweë genetiese verskille beter kwaliteit en smaak bied, gaan van baie waarde wees in die jaar wat kom.

  • Want dit smaak so lekker…

Genetika en smaak is amper ewe belangrik. Baie verbruikers soek deesdae produkte wat gesond is, maar ook heerlik smaak.

  1. Digitale dinamiek

Tegnologiese vooruitgang het ‘n aansienlike impak op hoe vrugte en groente gekweek, verhandel, verkoop en verbruik word. ‘n Groot rede hiervoor is dat die verskillende aspekte van tegnologie al hoe meer geïntegreer raak.

                                                             ***

Fruit Logistica 2023

Fruit Logistica 2023 was 8-10 Februarie. Die leuse van hierdie 30-jarige herdenking van Fruit Logistica is “Alles in EEN”.

7 comments on “Fruit Logistica: Berlyn 2022 – Allesbehalwe ligte vrugte

  1. vinnie1995
    August 3, 2023

    This is just soooo cool😊

    I feel like sending it to some of our clients in the fruit industry…if I may.

    Are you getting it published in some magazines?

    Vanessa Williams

    B.Econ Hons

    Nessmark CC T/A – FSP License No 10049

    Tel: 021-205 1133 Cell: 082 697 9064

    Email: vanessa@mwwealth.co.za Bld 3 Tre Mondi Park, 2 Niblick Way, Somerset West http://www.mwwealth.co.za

    Email Disclaimer

    Nessmark CC is an Authorised Financial Services Provider licensed with the Financial Services Board FSP10049. The information contained in this communication, including attachments, is not to be construed as advice in terms of the Financial Advisory and Intermediary Services Act of 2002 unless specifically referred to as Advice. Warning: Any unauthorised use or interception of this email is illegal. If this email is not intended for you, you may not copy, distribute or disclose the contents to anyone. Nessmark CC does not accept any responsibility for the opinions expressed in this email.

    • ilsez
      August 3, 2023

      Oh, you are SO WELCOME to send it to all and sundry! It’s always a plus for me too. It was commissioned by a publication, then “forgot” about it because they were so “busy”, then undertook to pay me, after I alerted them to this, then nothing materialised. I suppose I’m lucky that this has not happened to me before, this was a once-off. So yes, send away!

      • ilsez
        August 10, 2023

        I loved being at Fruit Logistica! I’ve been wanting to go for a few years. It is so cool, as you say, and also so inspirational!

    • ilsez
      January 26, 2024

      Hi Vinnie – Don’t know if I ever replied? If not, I sincerely apologise. Oh, you are so welcome to forward to all and sundry!

    • ilsez
      January 26, 2024

      Vinnie, this article was commissioned and then lost by the publication; by the time they got their ducks in a row it was not relevant anymore. Such a frustration it was!

  2. Hessie Bosman
    August 4, 2023

    Jinne, maar dis nou vir my bitter interessant! Dankie

    NB: Ek sien hier is nog die ou epos adres…. hester@mosselbaybackpackers….

    Vermoor hom saggies en skryf na: bomanhessie@gmail.com bomanhessie@gmail.com asb

    xxxx

    >

    • ilsez
      January 26, 2024

      Hi Hessie – Jy moet dit self doen. Subscribe weer onder jou nuwe adres. Met ‘n ‘s’ vir Bosman, hoor!

Leave a comment

Information

This entry was posted on August 3, 2023 by in English foodies.