ilsezietsmanblog

Travel – the world is your oyster (and read)

REISNUUSBROK Te hard gerev … my tsaaina

TE HARD GEREV, MY TSAAINA

Danie Hoffmann from Sedgefield with his former Suzuki after a late night's revelling

Eina, vat so, boetie!

By die naweek se Buffalo Rally (sommer die Buff genoem) wat vir die tiende keer in Mosselbaai gehou is, het daar – volgens gereelde Buff-gangers vir die eerste keer – ‘n motorfietser se motorfiets uitgebrand.

Vrydagnag, 20 Maart 2015, het ‘n paar motorfietsers mekaar die stryd aangesê om te kyk wie die lankste en hardste hul motorfietse se toeretellers kan opjaag. Of sommer hul baaiks rev soos die petrolkoppe dit sommer prontuit in hul eie taal stel.

Danie Hoffmann, derde van links, en Buff-vriende by sy uitgebrande motorfiets

Danie Hoffmann, derde van links, en Buff-vriende by sy uitgebrande motorfiets

Danie Hoffmann van Sedgefield het reeds gaan slaap toe hy wakkergemaak is deur ‘n helse kabaal. Hy wou terstond wys wat sy Suzuki wat hy al oor die dertig jaar het, kan doen. En dit het hy toe gedoen. Maar in die proses het iets verkeerd gegaan en die uiteinde daarvan is ‘n uitgebrande motorfiets waarvan die naald op die verste punt vasgehaak het.

Versekering het hy nie, want die fiets was te oud daarvoor. Hoffmann lyk nie te ontsteld oor die hele debakel nie; hy lag maar daaroor. ‘n Barmhartige Samaritaan in die vorm van ‘n Paarliet-vriend het hom hospitaal toe geneem aangesien hy ‘n gesigbesering opgedoen het.

Nou sal hy maar ‘n Harley Davidson móét koop, reken Hoffmann. Maar vir eers het hy die Buff verder geniet. Hy’s net spyt hy’t nie vroeër daaraan gedink om vir elke ou wat ‘n foto van die uitgebrande motorfiets neem, R10 te vra nie. Dit sou hom al ‘n aardige bedrag in die sak gebring het.

Ongelukkig was hy nie die wenner van die aand se gelukkige trekking van ‘n groot kontantprys van R125 000 nie.

2 comments on “REISNUUSBROK Te hard gerev … my tsaaina

  1. Auriel Jordaan
    April 29, 2020

    I love the way you draw pictures with words!

  2. ilsez
    April 29, 2020

    Thank you so much, Auriel. I’m a self-classified word nerd!

Leave a comment

Information

This entry was posted on April 28, 2020 by in Die res van Suid-Afrika and tagged .